Ontbinding
Ontbinding is die proses waardeur dooie organiese stowwe afgebreek word in eenvoudiger organiese of anorganiese materiaal soos koolstofdioksied, water, eenvoudige suikers en minerale soute. Die proses is deel van die voedingsiklus en is noodsaaklik vir die herwinning van die eindige materie wat fisiese ruimte in die biosfeer beslaan. Liggame van lewende organismes begin kort na die dood ontbind. Alhoewel geen twee organismes op dieselfde manier ontbind nie, ondergaan hulle almal dieselfde opeenvolgende stadiums van ontbinding. Ontbinding kan 'n geleidelike proses wees vir organismes wat langdurige periodes van dormansie het.[1]
'n Mens kan abiotiese ontbinding van biotiese ontbinding onderskei. Eersgenoemde beteken "die degradasie van 'n stof deur chemiese of fisiese prosesse", bv. hidrolise. Laasgenoemde beteken "die metaboliese afbreek van materiale in eenvoudiger komponente deur lewende organismes", tipies deur mikroörganismes.[2]
Diere soos erdwurms help om organiese materiale op en in die grond deur hul aktiwiteite te ontbind. Organismes wat dit doen staan bekend as ontbinders of detritivore.
Die wetenskap wat ontbinding bestudeer, word oor die algemeen tafonomie genoem, van die Griekse woord taphos, wat graf beteken.[3][4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Lynch, Michael D. J.; Neufeld, Josh D. (2015). "Ecology and exploration of the rare biosphere". Nature Reviews Microbiology. 13 (4): 217–29. doi:10.1038/nrmicro3400. PMID 25730701. S2CID 23683614. Besoek op 1 Januarie 2024.
- ↑ Janaway, Robert C.; Percival, Steven L.; Wilson, Andrew S. (2009). "Decomposition of human remains". In Percival, Steven L. (red.). Microbiology and aging (PDF). Dordrecht, The Netherlands: Springer. pp. 313–34. doi:10.1007/978-1-59745-327-1_14. ISBN 978-1-59745-327-1. Besoek op 7 Januarie 2024.
- ↑ Wall, Diana H.; Bradford, Mark A.; St. John, Mark G.; Trofymow, John A.; Behan-Pelletier, Valerie; Bignell, David E.; Dangerfield, J. Mark; Parton, William J.; Rusek, Josef; Voigt, Winfried; Wolters, Volkmar; Gardel, Holley Zadeh; Ayuke, Fred O.; Bashford, Richard; Beljakova, Olga I.; Bohlen, Patrick J.; Brauman, Alain; Flemming, Stephen; Henschel, Joh R.; Johnson, Dan L.; Jones, T. Hefin; Kovarova, Marcela; Kranabetter, J. Marty; Kutny, Les; Lin, Kuo-Chuan; Maryati, Mohamed; Masse, Dominique; Pokarzhevskii, Andrei; Rahman, Homathevi; Sabará, Millor G.; Salamon, Jörg-Alfred; Swift, Michael J.; Varela, Amanda; Vasconcelos, Heraldo; White, Don; Zou, Xiaoming (2008). "Global decomposition experiment shows soil animal impacts on decomposition are climate-dependent". Global Change Biology. 14 (11): 2661–77. Bibcode:2008GCBio..14.2661W. doi:10.1111/j.1365-2486.2008.01672.x. PMC 3597247. S2CID 18613932. Besoek op 7 Januarie 2024.
- ↑ González Medina, Alejandro; Soriano Hernando, Óscar; Jiménez Ríos, Gilberto (2015). "The use of the developmental rate of the aquatic midge Chironomus riparius (Diptera, Chironomidae) in the assessment of the postsubmersion interval". Journal of Forensic Sciences. 60 (3): 822–26. doi:10.1111/1556-4029.12707. PMID 25613586. S2CID 7167656. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2024. Besoek op 14 Januarie 2024.